“Vandag was die beste dag... Ons het die hele middag gery... Die water was koud, maar wie gee om? Die son brand, maar ons is Standard 5!” - Februarie 1998 As ek vandag my oë toemaak en aan Februarie 1998 dink, sien ek nie klaskamers of handboeke nie. Ek sien die skittering van die middagson op ’n chloorblou swembad en die stofwolkies wat agter my fiets opskiet. Daar is ’n spesifieke tipe vryheid wat jy net op ’n fiets beleef. In ons klein dorpie was jou fiets jou paspoort. Ek, Nadia, Anna en Lily was soos ’n klein bende op wiele. Ons het nie gewag vir ma of pa om ons iewers heen te ry nie; ons het net ons handdoeke oor ons skouers gegooi, die "kickstands" opgeskop en gery tot waar die pad ophou en die avontuur begin. Die hitte van die Noord-Kaap was nie iets wat ons gekeer het nie. Dit was die rede waarom ons geleef het. Ons het gejaag teen die bultjies op, die wind (hoe warm ook al) in ons gesigte, met die absolute wete dat die middag aan ons behoort. En dan... die swemba...
“Die skool het begin. Ek weet nog nie wie my ‘eye’ gaan wees nie, maar ek weet wie my vriende is: Nadia, Anna en Lily.” 21 – 30 Januarie 1998 In 1998 was die sosiale kaart van ’n Standerd 5-klas duideliker as enige aardrykskunde-kaart. Aan die bopunt van die voedselketting was Susan. Sy was die "Queen Bee", die meisie wat bepaal het wat cool is en wie mag saampraat. Sy het ook weekliks besluit wat aangetrek moet word vir Woensdae se kinderkrans. Een van my dapperste oomblikke die vorige jaar, 'n oomblik wat ek vandag nog soos ’n klein medalje in my hart dra, was toe ek vir haar reguit gesê het: Nee dankie. Ek wou nie deel van haar eksklusiewe groepie wees nie. Ek het selfs teen die kinderkransklere-drag rebelleer deur 'n gereeld my ma se oorgrote swart knopiestrui te dra ongeag wat die weer was (ek wonder of sy dit nog ooit nog het). Nietemin, e k het my eie mense gehad: Nadia, Anna en Lily. Ons het dalk nie die skool "gerule" nie, maar ons het mekaar geh...