“Die skool het begin. Ek weet nog nie wie my ‘eye’ gaan wees nie, maar ek weet wie my vriende is: Nadia, Anna en Lily.” 21 – 30 Januarie 1998 In 1998 was die sosiale kaart van ’n Standerd 5-klas duideliker as enige aardrykskunde-kaart. Aan die bopunt van die voedselketting was Susan. Sy was die "Queen Bee", die meisie wat bepaal het wat cool is en wie mag saampraat. Sy het ook weekliks besluit wat aangetrek moet word vir Woensdae se kinderkrans. Een van my dapperste oomblikke die vorige jaar, 'n oomblik wat ek vandag nog soos ’n klein medalje in my hart dra, was toe ek vir haar reguit gesê het: Nee dankie. Ek wou nie deel van haar eksklusiewe groepie wees nie. Ek het selfs teen die kinderkransklere-drag rebelleer deur 'n gereeld my ma se oorgrote swart knopiestrui te dra ongeag wat die weer was (ek wonder of sy dit nog ooit nog het). Nietemin, e k het my eie mense gehad: Nadia, Anna en Lily. Ons het dalk nie die skool "gerule" nie, maar ons het mekaar geh...