Skip to main content

Posts

Showing posts from 2026

Fietsry-vryheid en die Reuk van Chloor

  “Vandag was die beste dag... Ons het die hele middag gery... Die water was koud, maar wie gee om?  Die son brand, maar ons is Standard 5!” - Februarie 1998 As ek vandag my oë toemaak en aan Februarie 1998 dink, sien ek nie klaskamers of handboeke nie. Ek sien die skittering van die middagson op ’n chloorblou swembad en die stofwolkies wat agter my fiets opskiet. Daar is ’n spesifieke tipe vryheid wat jy net op ’n fiets beleef. In ons klein dorpie was jou fiets jou paspoort. Ek, Nadia, Anna en Lily was soos ’n klein bende op wiele. Ons het nie gewag vir ma of pa om ons iewers heen te ry nie; ons het net ons handdoeke oor ons skouers gegooi, die "kickstands" opgeskop en gery tot waar die pad ophou en die avontuur begin. Die hitte van die Noord-Kaap was nie iets wat ons gekeer het nie. Dit was die rede waarom ons geleef het. Ons het gejaag teen die bultjies op, die wind (hoe warm ook al) in ons gesigte, met die absolute wete dat die middag aan ons behoort. En dan... die swemba...

Briefies aan Niemand en die Skaduwee van die Queen Bee

“Die skool het begin. Ek weet nog nie wie my ‘eye’ gaan wees nie, maar ek weet wie my vriende is: Nadia, Anna en Lily.”  21 – 30 Januarie 1998 In 1998 was die sosiale kaart van ’n Standerd 5-klas duideliker as enige aardrykskunde-kaart. Aan die bopunt van die voedselketting was Susan. Sy was die "Queen Bee", die meisie wat bepaal het wat cool is en wie mag saampraat. Sy het ook weekliks besluit wat aangetrek moet word vir Woensdae se kinderkrans. Een van my dapperste oomblikke die vorige jaar, 'n oomblik wat ek vandag nog soos ’n klein medalje in my hart dra, was toe ek vir haar reguit gesê het: Nee dankie. Ek wou nie deel van haar eksklusiewe groepie wees nie. Ek het selfs teen die kinderkransklere-drag rebelleer deur 'n gereeld my ma se oorgrote swart knopiestrui te dra ongeag wat die weer was (ek wonder of sy dit nog ooit nog het).  Nietemin, e k het my eie mense gehad: Nadia, Anna en Lily. Ons het dalk nie die skool "gerule" nie, maar ons het mekaar geh...

Swart Politoer, Disney-drome en die Drumpel van Dapperheid

  “Die skool begin oor 6 dae... ek kan nie wag nie. Ek en my pelle gaan die skool ‘rule’.  Standerd 5, hier kom ons.” 14 – 20 Januarie 1998 Daar is ’n spesifieke ritueel aan die einde van ’n somervakansie wat elke kind van die 90’s sal onthou: die oomblik wanneer jy daardie stowwerige skoolskoene agter uit die kas grawe. As die derde kind in 'n gesin wat die roete na laaste jaar van die laerskool stap, was daar nie altyd die opwinding van splinternuwe skoene wat nog in sneespapier toegedraai is nie. Die rok se soom is ook tot op sy einde vasgewerk, tog het ek heel duidelik nie veel langer geword nie. M y voorbereiding was ’n stryd teen die elemente. Ek moes daardie skoene, wat aan die einde van die vorige jaar wit-warm gebrand en vol stof in die kas gegooi is, met lae en lae swart politoer probeer terug dwing na hulle vorige glorie. Terwyl die meeste van my skryfbehoeftes ’n versameling van vorige jare se oorskiet was soos bietjie korter potlode en ’n liniaal met ’n paar skrap...

Sjampanje, Tom Hanks en die Aftelling na Standerd 5

“Wel, dis die begin van ‘n nuwe jaar en dit het nie te bad begin nie... Shampagne-ontbyt... Chinese braai... Die skool begin oor 20 dae en dan is ek Standerd 5. ”  1-3 Januarie 1998 Die oorgang van een jaar na die volgende voel in Namakwaland altyd ’n bietjie meer dramaties. Miskien is dit die hitte wat alles dikker laat voel, of die manier waarop die stilte van die vakansie swaar op die dorpie rus. 1998 het nie met ’n slag begin nie; dit het begin met die geklink van glase en die reuk van ’n Chinese braai. Hierdie was nogal 'n spesifieke 90’s-manier van kuier waar die volwassenes om ’n raserige elektriese plaat rondstaan en ons as kinders aan die rande van hulle gesprekke beweeg.  A s twaalf-, amper dertienjarige is jy ’n tipe "sosiale spioen". Jy hoor alles, jy sien alles. Tog het die ouers vrede as die k inders net gesien en nie gehoor word nie. Ek was nie meer so seer 'n kind nie,  maar ook glad nie deel van die grootmenswêreld nie.  Ons het dus gereeld met sulke...

Waar die sand en drome ontmoet.

As ek vandag my oë toemaak en aan 1998 dink, proe ek eers die stof. Dit is nie sommer enige stof nie. Dit is daardie fyn, rooierige Namakwalandse sand wat in elke spleet van jou lewe inkruip, in jou tekkies, in die rante van jou skoolboeke, en selfs in die geheime wat jy dink jy wegsteek. Ek skryf hierdie woorde as ’n vrou van amper 41, maar ek skryf hulle om die meisie te ontmoet wat ek dertig jaar gelede was. ’n Meisie wat op die drumpel van twaalf gestaan het, vasgevang in die niemandsland tussen poppe en "partyjies". Namakwaland in die laat negentigerjare was ’n vreemde, heerlike paradoks. Dit was ’n wêreld wat gedraai het om die uiterstes van die seisoene. Die hitte in die somer was nie net ’n temperatuur nie; dit was ’n fisiese gewig wat jou dwing om stadiger te beweeg, om skuiling te soek onder die groot boom in die parkie agter ons huis (ek was gewoontlik binne die boom). Maar dan was daar die winters. Daardie koue oggende wat jou longe laat brand het, gevolg deur die...